Hallo!
As jy Binne+Land direk op jou 📱 of tablet wil lees, eerder as in die e-posformaat, kan jy vinnig en maklik vir jou 'n web-app maak. Ek wys gou hoe.
Android
Maak https://binne-land.ghost.io/ in jou browser oop (Chrome).
Daar is ’n spyskaart (drie dotjies) in die boonste (of soms, onderste) regterkantste hoek van jou skerm.
Klik op “Add to Home Screen”. Dit sal 'n naam vir jou web-app vra – wat van iets soos B+L?
En dit is dit. Jy het nou 'n Binne+Land-app op jou foon.
iPhone + iPad
Gebruik verkieslik Safari as jou browser (alhoewel ek dit ook met Chrome gedoen het), en maak https://binne-land.ghost.io/ oop.
Klik op die “Share”-knoppie onder op jou skerm (die een met die blokkie en pyltjie wat boontoe wys).
Trek dan jou skerm na bo, totdat jy die opsie "Add to Home Screen” sien.
Klik daarop en kies ’n naam vir jou shortcut, byvoorbeeld B+L.
En dit is dit. Jy het nou 'n Binne+Land-app op jou foon.
As jy vashaak, kontak my by hallobinneland@gmail.com
Lekker lees
Anneliese 🌤️
Lid kommentare