Goeiemôre
'n Klompie dinge het die afgelope week in my kop vasgesteek, maar ek is nie altyd mooi seker of en hoe dit dalk deel van 'n groter prentjie is nie. Kom ons kyk:
Die eerste van hierdie dinge is die aantal studente én dosente wat ek hoor kla oor die misbruik van kunsmatige intelligensie by Suid-Afrikaanse universiteite. 'n Eerstejaar vertel my die meeste van haar klasmaats "kan nie vir hulleself dink nie en almal is aan ChatGPT verslaaf". Turnitin, die program wat op baie kampusse gebruik word om plagiaat en oormatige KI-gebruik te identifiseer, wys gereeld oneerlikheid uit waar dit nie bestaan nie, of kyk dit mis waar dit wel bestaan.
Dis 'n internasionale probleem. Ek lees hier van 'n student aan die University of Houston-Downtown in die VSA wat nul gekry het vir 'n opdrag omdat Turnitin meer as die toegelate KI-gebruik daarin geïdentifiseer het. Dit kos haar 'n dokument van 15 PDF-bladsye met tydstempels en aantekeninge oor haar skryfproses indien voordat sy 'n realistiese punt vir haar werk gekry het. Vir haar volgende opdrag het sy 'n video van 93 minute gemaak om te wys dat dit haar eerlike werk was.
By die University at Buffalo in New York het studente 'n petisie teen Turnitin begin, waarin hulle sê:
"This is not an isolated incident. It is a systemic failure. Some educators rely heavily on AI detection scores, although Turnitin itself warns its tool is 'not a definitive measure' and should not be used as the sole basis for decisions. Worse, professors are not always impartial judges of academic integrity. The university has also failed to provide meaningful guidance on the use of these tools, instructing faculty only that a score of 35 to 45 percent AI should trigger the academic integrity process, without addressing the well-documented pitfalls, inaccuracies, or ethical concerns surrounding AI detection. When flawed technology combines with human error, bias, or blind trust in AI, students face potentially life-altering academic consequences."
Die oplossing, skryf die onderwysbeleidkenner prof. Aslam Fataar van die Universiteit Stellenbosch hier, is "to reposition AI as a partner in a reflexive learning process rather than a threat to be policed". Hy sê ook:
"Current approaches to academic dishonesty are fast becoming obsolete. AI-detection technologies such as Turnitin’s AI-writing indicator are imprecise, frequently generating false positives and negatives.
"These tools cannot detect human-copied AI output, paraphrased prompts, or content composed in one interface and repackaged in another. The arms race between detection and evasion is technically unsustainable and educationally impoverished. A policy of suspicion breeds adversarialism; it undermines trust, flattens complexity, and constrains innovation."
OnlyFans versus Onderwys
OnlyFans is een van daardie plekke op die internet waarvan almal weet, maar niemand graag erken hulle weet nie. So, vir die ordentlikstes onder ons: Dis 'n soort sosiale media vir seks en naaktheid, waar vroue hulle lywe in volle glorie in aksie wys aan enigeen wat bereid is om die intekengeld te betaal. Elkeen besluit vir haarself wat sy wil wys en hoeveel sy daarvoor wil vra (of so hoor ek), en in die Amerikaanse media is daar gereeld stories oor iemand wat uit haar day job moes bedank omdat sy uitgevang is dat sy ook 'n ekstra geldjie uit haar OnlyFans maak.
Verlede week sien ek toe 'n storie op The Free Press met "OnlyFans" in die opskrif en hierdie inleiding: "I've been slapped, hit, spit on," Courtney said. "I’ve had concussions from the job."
Ek het dadelik, soos die skrywer van die artikel bedoel het, aangeneem die storie gaan oor die skokkende misbruik waaraan OnlyFans-vroue agter die skerms onderwerp word. Maar nee, met verdere lees kom 'n mens agter Courtney is glad nie spyt dat sy haar vorige beroep gelos het om haar OnlyFans voltyds te bedryf nie. Die geld is goed, sy hoef net 'n fraksie daarvan aan die operateurs af te staan, en sy hoef niks onder dwang te doen soos dikwels elders in die pornografiebedryf die geval is nie.
Wat was haar vorige werk dan, die een waar sy geklap en geslaan en op gespoeg is en selfs harsingskudding opgedoen het? Lees verder:
"She’s been having sex professionally for a while now and joined the adult content platform OnlyFans in 2019, and so you might think she's telling a cautionary tale about the dangers of pornography.
"But that violent workplace she's talking about isn't the bedroom where she films her content. It's the school where she worked as a special ed teacher before quitting to make porn full time."
Pous Pornokratius
Gepraat van pornografie, ek sien 'n mens kry benewens terme soos "demokrasie", "teokrasie" en "kakistokrasie" ook 'n "pornokrasie". Dit verwys na 'n korrupte bestel wat deur korrupte mense gelei word, en is glo die eerste keer opgeteken deur die Oostenryker Alfred Edersheim (1825–1889). Edersheim het die woord "Pornokratie" in Duits gebruik om die ses dekades te beskryf wat begin het toe pous Sergius III die Rooms-Katolieke Kerk se hoogste amp in die jaar 903 opgeneem het. Sergius word deur die meeste bronne gereken as die enkele mees korrupte pous in die Roomse Kerk se geskiedenis, wat geen geringe prestasie is nie. Die hoogte-/laagtepunte van Sergius se loopbaan sluit in dat hy albei sy onmiddellike voorgangers, pouse Leo V en Christophorus (self nie 'n engeltjie nie), laat vermoor het, en dat hy die enigste pous is wat 'n buite-egtelike seun gehad het wat self ook pous geword het (Johannes XI).
Going on a Boeing
Die Amerikaanse markwaarnemer Frank Curzio is 'n uitgeslape en ingeligte man. Hy sê ons moet deeglik kennis neem van wie almal verlede week saam met Donald Trump op Air Force One was om die beleggingsberaad in Saoedi-Arabië te gaan bywoon, veral hierdie klompie: Elon Musk, natuurlik, maar ook Sam Altman van OpenAI, Jensen Huang van Nvidia, Kelly Ortberg van Boeing, Alex Karp van Palantir en Arvind Krishna van IBM. Die gemene deler: kunsmatige intelligensie, tegnologie-infrastruktuur en verdediging.
Curzio skryf op X oor die transaksies wat die Amerikaners en die Saoedi's gesluit het: "This alliance breaks every rule in tech history: Tesla. OpenAI. Nvidia. Three titans just joined forces – out of nowhere. If you think this is just another partnership … you're not ready. Here’s why this Saudi move could trigger a generational wealth shift."
Hoe so? Wel, Trump (en wie ook al sy toutjies trek) het 'n klompie mense hier in 'n span laat saamtrek wat gewoonlik elke kans benut om mekaar te ondergrawe. Selfs Musk en Altman, wat mekaar nie kan verdra nie, was sy aan sy. Al die komponente is daar vir iets baie groter: programmatuur, apparatuur en toepassings. Lugvaart-, ruimte- en verdedigingstegnologie. Alles word gedoen met Saoedi-geld, en terwyl die Europeërs klaarblyklik heeltemal op 'n syspoor gerangeer is (insluitend maatskappye soos Dassault Aviation).
Neem sommer ook kennis van hoe die maatskappy Humain, wat met Saoedi-staatsgeld gestig is om kunsmatige intelligensie te ontwikkel, hulleself beskryf:
Built for the World Ahead.
Full AI Stack. Endless Possibilities.
We build the entire AI stack: data centers, cloud, models, and applications. So you don’t have to piece things together. Out of the box, end to end, with HUMAIN as your single partner. Our belief is simple: AI isn't an add-on, it's the foundation of the future.
Humain kan omtrent niks van hierdie dinge doen sonder Amerikaanse hulp nie. Nog nie, in elk geval.
En dalk is dié ook relevant:
* Indië oorweeg dit om Amerikaanse Lockheed Martin F-35's aan te koop, hoewel dié vliegtuig gery word deur begrotings- en ander probleme. Hieroor skryf The National Interest vandeesweek:
However, those statements were made before Operation Sindoor, the latest hot war between India and Pakistan. Therein, the Indian Air Force lost one of its much-ballyhooed French-made 4.5-generation Dassault Rafale fighter jets in a dogfight against a Pakistani Air Force using Chinese-made Chengdu J-10 "Vigorous Dragon" fighter jets and PL-15 air-to-air missiles. Needless to say, this was a huge shock and embarrassment to the former and a major source of bragging rights for the latter, as well as a major cause of concern as to whether Western air combat technology is lagging behind China's.
* China begin in Junie met toetsvlugte van die Jiutian SS-UAV, 'n onbemande vlieënde drone-draer wat sy vrag tot 15 km hoog bo die aarde kan loslaat:
* Boeing het spesifikasies van hul nuwe F-47-straalvegter bekend gemaak. Dis 'n indrukwekkende stuk tegnologie, maar vir hoe lank gaan dit nog nodig wees om 'n mens aan boord te hê?
* Kyk ook sommer hoe vorder The Line. Kritici sê baie van die aanvanklike skaal van dié projek is al laat vaar en dat verskeie gemeenskappe reeds van hul grond gedwing is om vir die hiperstad plek te maak, maar die Saoedi's steur hulle blykbaar nie veel daaraan nie:
So, vir watter van OnlyFans, The Line of IBM is die toekoms die blinkste? Wie weet?
Vandag se Dilemma
Ek het 'n paar dinge verander, so kom ons probeer weer met die woordspeletjie. 'n Paar leidrade: Die letter O kom vier keer voor en die woord word gewoonlik gebruik vir masjiene wat dinge op hul eie kan doen.
Hoe om te speel
- Jy het ses kanse om die woord te raai.
- Jy mag vir elke raai enige letters in enige volgorde kies – dit hoef nie ook 'n woord te vorm nie. 'n Raaiskoot met minstens 'n paar klinkers is dus 'n goeie begin.
- Gebruik jou toetsbord of die een op die skerm om jou raaiskoot in te tik, dan ENTER.
- Wat beteken die kleure nadat jy geraai het?
* Blou beteken die betrokke letter is in die woord én op die regte plek.
* Rooi beteken die letter is wel in die woord, maar nie in die regte posisie nie.
* Rooi en Geel beteken die letter is meer as een keer in die woord, maar hier nie in die regte posisie nie.
* Grys beteken daardie letter is glad nie in die woord nie.
As jy die woord kon identifiseer, kan jy kliek op DEEL/SHARE om dit op jou Clipboard te plaas sodat jy dit onderaan in die kommentaar kan plak of vir iemand anders kan stuur.
Tot volgende keer
Willem
E-pos: hallobinneland@gmail.com
Klik hier vir aanwysings om 'n Binne+Land-web-app op jou foon te skep.
[En, as jy hierdie in jou e-pos lees, en jy wil kommentaar lewer, gaan na onderaan hierdie brief en klik op die klein speech bubble wat sê "Comment".]
Die Einde. 🛸
Lid kommentare